’n Nuwe Afrikaanse komediedrama met Neels van Jaarsveld en Amalia Uys in die hoofrolle, wat eersdaags op kykNET te sien is, fokus op die soeke na ’n gedeelde Suid-Afrikaanse erfenis.
Die Vredesduiwe is die verhaal van ’n nuwe dominee en sy eksentrieke vrou wat amok maak op ’n klein dorpie. Hulle wil ’n sangkompetisie begin vir die Erfenisdag-basaar om die kerk se lekkende dak te herstel.
“Daar is ’n verskeidenheid karakters met ’n verskeidenheid erfenisse. So dit was vir my belangrik dat ons onsself die vraag afvra: Wie verteenwoordig ons en wie se storie vertel ons?” sê die regisseur, Nicola Hanekom.