Hierdie reeks gaan oor die drama agter die skerms tydens die verfilming van wat beskou word as een van die beste rolprente wat ooit gemaak is, The Godfather (1972).
Flink, dapper talente het op die regte oomblik ontmoet, vonke laat kerjakker, koppe gestamp, aanslae op hul lewens oorleef, die mafia mislei en ’n legende gemaak.
Gewoonlik stel kykers nie belang in wat agter die skerms van ’n meesterstuk gebeur nie. Vele buitelandse resensies was in dié verband erg venynig en gemeen. Dit weerspieël eintlik die beledigings wat die vervaardigers van hierdie mafia-fliek ook moes sluk. Hul velle was egter renoster-dik.