Die Suid-Afrikaanse aksieriller Indemnity begin Vrydag in rolprentteaters wys saam met die drama Firestarter en die komiese multigenre-rolprent wat in die multiversum afspeel, Everything, Everywhere all at Once.
• Indemnity is geskryf en geregisseer deur Travis Taute. Theo Abrahamse, ’n voormalige brandbestryder, word wakker langs die lyk van sy vrou - hy het geen idee wat gebeur het nie. By dit ly hy aan posttraumatiese stresversteuring. Hy is verdagte nommer een en moet sy onskuld bewys, tog raak hy al meer verstrik in ’n spinnerak van raaiselagtige gebeure en aantygings, wat blyk te strek tot by die hoogste gesag in die land. Dit blyk dat niemand dink die arme, eerbare man is onskuldig nie. Jarrid Geduld is in die hoofrol as Abrahams te sien. Nicole Fortuin vertolk die rol van sy vrou, Angela. Die saak word ondersoek deur Alan Shard (André Jacobs) en die speurder Rene Williamson (Gail Mabalane). Die rolprent word deur The New York Times beskryf as “’n stylvolle riller, vol erotiek en bedrog”. Dit is Taute se debuutrolprent hy was mede-skrywer van Nosipho Dumisa se bekroonde rolprent Nommer 37 en die Netflix-reeks, Blood &Water.
Die ouderdomsbeperking is 13 vir dwelms, taal en geweld. Die tydsduur is 124 minute.