Paul Slabolepszy vertolk die hoofrol in die fliek Mr Johnson, wat handel oor ’n man wat ná 47 jaar uit ’n koma ontwaak. Dié dramaturg en akteur verduidelik aan AJ Opperman waarom dit in die buiteland pryse gewen het.
Paul Slabolepszy is ’n ewige student. Hy leer steeds deur middel van al die projekte wat hy aanpak.
Hy skryf met die hand die een toneelstuk ná die ander en sal seker nooit ophou nie, want sy gedagtes prikkel telkens ’n volgende storie.