Netflix en die Nasionale Rolprent-en-video-stigting (NFVF) het ’n ooreenkoms gesluit wat ses nuwe Suid-Afrikaanse rolprente op die wêreldverhoog gaan plaas.
Luidens ’n mediaverklaring het die stromingsdiens en die NFVF elk R14 miljoen in ’n fonds belê wat ses vollengte rolprente deur Suid-Afrikaanse rolprentmakers sal finansier.
Vier van dié rolprente sal deur vier opkomende rolprentmakers geskep word – hulle sal elk R4 miljoen ontvang – terwyl twee ervare rolprentmakers elk R6 miljoen sal kry om elk ’n rolprent te vervaardig.