Die Nasionale Rolprent-en-videostigting (NFVF) het sy eie Covid-19-hulpfonds begin om mense te help wat agter die skerms werk.
Die NFVF – ’n agentskap van die departement van sport, kuns en kultuur – sê in ’n mediaverklaring die pandemie het ’n “beduidende invloed” op die Suid-Afrikaanse rolprent- en TV-bedryf gehad en die NFVF-hulpfonds is spesifiek gestig om dié uitwerking teen te werk.
Volgens die verklaring sal 60% van die hulpfonds opsygesit word vir onafhanklike vryskutpraktisyns en tegniese en vervaardigingspanne wie se projekte weens die pandemie uit- of afgestel is.