Suid-Afrikaanse rolprentmakers het Sondag die voortou geneem toe die pryswenners van die 11de Durban FilmMart (DFM) aangekondig is.
Dié rolprentmark bied jaarliks ’n platform vir rolprentmakers dwarsoor Afrika om hul rolprentprojekte voor te lê en dan om finansiering vir die vervaardiging en verspreiding van dié projekte mee te ding.
Suid-Afrikaners het vanjaar nege pryse by die DFM verower, terwyl projekte vanuit die Demokratiese Republiek van die Kongo, Kenia, Mosambiek en Uganda elk met twee pryse bekroon is. Projekte vanuit Egipte, Marokko, Togo, Tunisië en Zimbabwe het elk een prys gewen.