Die Nasionale Rolprent-en-video-stigting (NFVF), wat jaarliks die Suid-Afrikaanse Rolprent-en-TV-pryse (Saftas) aanbied, het bekend gemaak dat drie inskrywings op die benoemingslys vir die 15de Saftas-toekenningsgeleentheid per ongeluk weggelaat is.
Die NFVF, wat die benoemings Donderdag uitgereik het, het die benoemingslys as volg bygewerk:
Die bywerkings beteken Griekwastad se benoemings styg van ses tot sewe; The Animation School, wat skoonskip in die kategorie vir beste studente-rolprent gemaak het, se benoemings neem van drie tot vier toe omdat hulle ook Fowl Goblin vervaardig het.