Fliekvlooie kan hulle die langnaweek verlustig in agt top- internasionale flieks wat nuut aangebied word op Showmax.
* Bad Education (2019) is gegrond op die grootste bedrogskandaal tot nog toe in Amerika, wat destyds deur ’n junior joernalis oopgevlek is. Hugh Jackman word geprys vir ’n uitmuntende vertolking as hoof van die skooldistrik waarin die skool geleë is waar die probleem uitgebroei het. Ander akteurs is Allison Janney en Ray Romano.
* Shazam! (2019) is ’n fliek oor ’n pleegkind wat sy broer teen die skoolboelie verdedig en dan deur ’n ou heks in ’n superheld getransformeer word. Met onder andere Asher Angel as die pleegseun Billy en Zachary Levi as hy in sy superheldvorm.