Skuif reg vir kragtige kortflieks op Netwerk24

akkreditasie

Netwerk24 is eersdaags die tuiste van nege Afrikaanse kortflieks wat in die inperkingstydperk geskiet is.

Netwerk24 het in samewerking met die KKNK die Kortom-kortfliekprojek van stapel gestuur om te midde van die inperking ’n inkomste vir rolspelers in die kunste te skep.

Die eerste van dié kortflieks sal op Dinsdag 4 Augustus op Netwerk24 te sien wees.

“Die inskrywings het my weer eens laat dink oor die rol van die kunste in ons wêreld,” sê Laetitia Pople, Netwerk24 se kunsredakteur en een van die paneellede vir dié projek.

“Ons kunstenaars is soos altyd diep betrokke by die samelewing. Hulle laat ons lag en huil in ewemaat. Tog skroom hulle nie om ons te help om anders oor moeilike sake te dink nie.”

Kykers kan uitsien na vier komedies, drie dramas, ’n riller en ’n nieverbale dansfilm.

Alle draaiboekinskrywings is deur ’n paneel gelees, sonder inligting oor die betrokkenes, waarna ’n kortlys opgestel en finaliste gekies is. Die paneellede was Ilse Klink, Jody Abrahams, Laetitia Pople, Wayne Muller, Nini Conradie en Anika Pieterse.

Die skrywers was baie kreatief en het uit die kassie gedink, wat die stories baie opwindend en insiggewend maak.

Die vier komedies wat gekies is, is Voetjie Voetjie geskryf deur Nico Scheepers, Kortpad geskryf deur Gaerin Hauptfleisch; Nappy Blues geskryf deur Carla Smith en Stuur groete vir Fanie geskryf deur Marelize Viljoen.

Die drie dramas is: Markus en die son uit die pen van Philip Rademeyer, ’n Dag vir ’n oomblik uit die pen van Hillétje Möller en Die Dans Engel uit die pen van Vinette Ebrahim.

Die laaste twee is rillers: Ter nagedagtenis deur Soné Rossouw en Vasgevang, ’n dansproduksie gekonseptualiseer deur Figure of 8 Dance Collective.

Kykers kan uitsien na verskynings deur onder andere Cintaine Schutte, Waldemar Schultz, Roeline Daneel, Theo Jantjies, Albert Pretorius, Richard September, Brendon Daniels, Wilhelm van der Walt, Gerben Kamper, Kevin Narain, Fiaz Dalman en vele ander.

Klink sê die standaard van die inskrywings was van ’n baie hoë gehalte.

“Die skrywers was baie kreatief en het uit die kassie gedink, wat die stories baie opwindend en insiggewend maak. Regisseurs en skrywers gaan nou verder kreatief moet wees, om met die maatreëls en beperkings wat tans in plek is, produksies van uitstaande gehalte te vervaardig. Daar is voorwaar iets vir elke smaak in die nege stukke wat gekies is,” sê sy.

Daar word van 4 Augustus af elke Dinsdag een kortfliek op Netwerk24 beskikbaar gestel.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.86
-0.9%
Rand - Pond
20.44
-0.9%
Rand - Euro
17.22
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.14
-1.1%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,793.70
-0.8%
Silwer
24.16
-1.7%
Palladium
2,006.86
-2.6%
Platinum
1,032.00
-2.9%
Brent-ruolie
85.99
+0.5%
Top-40
61,025
+1.0%
Alle aandele
67,615
+1.0%
Hulpbronne 10
63,620
+0.3%
Industriële 25
87,147
+1.5%
Finansiële 15
14,027
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos