Die Nasionale Rolprent-en-Video-stigting (NFVF) het sy sakke wyd oopgemaak en finansiering van meer as R22,8 miljoen aan Suid-Afrikaanse rolprent- en TV-vervaardigers uitgedeel.
Volgens ’n verslag wat die NFVF op sy webwerf gepubliseer het, is die finansiering as volg verdeel:
Matthys Boshoff, wat verlede jaar die rolprent Die verhaal van Racheltjie de Beer geregisseer het, sê hy was “dadelik gevul met dankbaarheid” toe hy hoor hy het NFVF-finansiering gekry om die draaiboek van sy kortrolprent Vlees van my vlees in ’n vollengte rolprent te omskep.