Die verfilming van die gewilde roman Hans steek die Rubicon oor het verlede week in Kaapstad begin. Pierre van Pletzen is te sien in die rol van Hans.
Hierdie roman deur Rudie van Rensburg, was ook ’n radioverhaal en handel oor Hans van Kraaienburg, wat op 90 steeds die lewe aandurf met die ywer van ’n tiener. Sy lewe word omvergegooi toe hy gedwing word om na ’n ouetehuis te trek.
Die plek waarheen sy dogter, Karla, hom stuur, is verkramp en sy kamer is piepklein. Hy word ook gedwing om nou verskeie reëls en regulasies te gehoorsaam – en dit strook nie met sy vrye gees nie.