Top Gun: Maverick is nie net wat inkomste betref die suksesvolste fliek tot dusver vanjaar nie, dit het ook aan die akteur Tom Cruise die grootste inkomste van sy loopbaan besorg.
Ná net 31 dae op die kringloop beloop die loketinkomste wêreldwyd ’n enorme $1 miljard.
Dit het Doctor Strange in the Multiverse of Madness met sy inkomste van $947 miljoen na die tweede plek laat skuif.