Kunswerke met lig, klank asook videokuns, vorm deel van die vierde fees van ligkuns op die wynlandgoed Spier naby Stellenbosch.
Dit open Saterdagaand 18 Maart en duur tot 18 April. Besoekers kan die plaas gratis besoek en die werke besigtig – dit is raadsaam om teen skemer op te daag en dan van kunswerk tot kunswerk te wandel op die geskiedkundige landgoed.
Die fees, waar die gebruik van lig sentraal is in die kunswerke, het in 2018 begin en die onvoorspelbare Eskom-beurtkrag het die kunstenaars vanjaar uitgedaag om nuut te dink.