Tydens die opening van Hartspace, ’n kunsuitstalling en -veiling, het die Ann Bryant-kunsgalery in Oos-Londen byna uit sy nate gebars van belangstellende kunsliefhebbers.
Dit verbaas Leon du Preez, die kurator van dié galery, glad nie.
“Nie net is Kerry-Ann Honey, die kurator van dié uitstalling, professioneel in wat sy ook al aanpak nie, sy ondersteun werklik haar studente en die plaaslike gemeenskap met hart en siel en loop graag die ekstra myl om hulle by te staan,” sê Du Preez.