Twee van die Nasionale Kunsteraad (NAC) se 18 direksielede het uit hul amp bedank – dít net ’n paar maande nadat hul termyn op 1 Januarie begin het.
Michelle Constant, SAfm-omroeper en voormalige hoof van Business and Arts South Africa (Basa), het die kunsteraad stil-stil in Februarie gegroet, terwyl Avril Joffe, ekonomiese sosioloog en vervaardiger, vroeër vandeesweek haar bedankingsbrief ingehandig het.
Tshepo Mashiane, ’n direksielid en hul woordvoerder, het die bedankings aan Netwerk24 bevestig.