Kunstenaars uit elke sektor in die kunstebedryf het Woensdag 12 uur aaneenlopend opwipvertonings in die Nasionale Kunsteraad se kantore in Newtown, Johannesburg, aangebied.
Dié vertonings is nie net uit protes teen die kunsteraad se wanbestuur van R300 miljoen se noodfinansiering gehou nie, dis ook gehou om solidariteit te betoon met ’n handvol sitstakers wat sedert 3 Maart ononderbroke teen die kwessie betoog.
Die opwipvertonings is boonop Woensdag aangebied omdat die kunsteraad se topbestuur en sy direksie voorheen belowe het dat die R300 miljoen – wat in Desember reeds in kunstenaars se sakke moes gewees het – teen Woensdag uitbetaal sal word.