Alle kunsliefhebbers, ook diegene wat dalk nie die Nasionale Kunstefees in Makhanda in die Oos-Kaap kan bywoon nie, kan steeds twee kunsuitstallings wat deel van die randfees is by die Nelson Mandela-Universiteit (NMU) se Birdstraat-kunsgalery in Sentraal in Gqeberha besigtig.
Die internasionaal erkende fotograaf Margot Muir (59) se roerende foto-uitstalling bestaan uit vier reekse.
Knowing the Unknown, ’n studie van mense se senior jare in ouetehuise; Grandmothers; Holding the Universe Together, ’n studie oor die verantwoordelikhede, lewenskragtigheid en uitdagings van ouer mense in die Joe Slovo- informele nedersetting; The Lightness of Being: Rain Series, ’n studie oor reën in die droogtegeteisterde Gqeberha en The Liberating Darknesses, ’n visuele viering van die nag.