Daar is weer hernude belangstelling in surrealisme in die kunswêreld en popkultuur. Carla Lewis kyk na die invloede van dié kunsbeweging op eie bodem.
Wanneer mense dink aan surrealisme, dink hulle gewoonlik aan die Spaanse kunstenaar Salvador Dalí se smeltende horlosies en brandende kameelperde. Of die Belgiese skilder René Magritte se onbekende man met die bolhoed, wie se gesig deur ’n appel verbloem word.
“Tot onlangs toe het ons hoofsaaklik surrealisme met ’n groepie Eurosentriese kunstenaars soos Dalí, Magritte, André Breton en Max Ernst vereenselwig.