’n Reuse-oorsigtentoonstelling van die werk van Andy Warhol (1928 – 1987) kan gratis aanlyn besigtig word op die Tate Modern-galery in Londen se webruimte.
Warhol se bekende en geliefde Marilyn Monroe is daar te sien, asook sy herhalende uitbeeldings van Coca-Cola en Campbell se sopblikke is steeds daar as kommentaar op die verbruikerskultuur, opgeneem in die tentoonstelling Andy Warhol.
Sy nimmereindigende Sixty Last Suppers na Michelangelo se bekende uitbeelding van Jesus en sy dissipels se laaste maal pryk ook daar, asook sy Silver Clouds, of dan opgeblaasde heliumsakke, wat as ’n speelse installasie ingerig is, maar wat die kyker herinner aan die vervlietendheid en broosheid van die lewe.