Suid-Afrika se voorste internasionale lugvaartkunstenaar, Tiro Vorster, is Sondag vereer met ’n spesiale gedenkboek van sy werke en loopbaan as kunstenaar.
Die boek is in Amerika en Suid-Afrika saamgestel en is aan Vorster oorhandig op die onthulling van sy jongste skildery, Opstyg, waar lugmagoffisiere en vriende hom met ’n ontbyt op die Nitida-landgoed buite Durbanville, Kaapstad, vereer het, sê Pieter Cronje, ’n woordvoerder vir Vorster, in ’n verklaring.
Vorster, wat in Kaapstad woon, is ernstig siek en het Opstyg, ’n skildery van ’n groot bomwerper wat opstyg, pas voltooi deur weke lank twee uur per dag te skilder en daarna te rus.