Die Nasionale Kinderteater (NCT) se gewilde saam-sing-geleentheid keer terug met ’n produksie wat van die bekendste wysies uit musiekteater insluit.
Die produksie Musical Theatre Songbook word van 28 Mei tot 12 Junie om 15:00 in die NCT se buitelugteater in Parktown, Johannesburg, aangebied.
Van die liedjies op die program sluit treffers in van Mamma Mia, Grease, Frozen, The Sound of Music en The Lion King.