Andries Bezuidenhout wil baie graag ’n treffer hê.
Maar hoe gemaak as jy bekend is as ondergrondse en alternatiewe kunstenaar en daar nie ’n kans bestaan dat kommersieel jou kenwysie gaan word nie?
Dis eenvoudig – jy bou ’n brug met ’n album waarby meer mense as voorheen aanklank gaan vind.