Kunstenaars soos Diana Ross, sir Elton John en die oorblywende lede van die legendariese rockgroep Queen tree binnekort by koningin Elizabeth (96) se platinum-jubileumvieringe op.
Die konsert van twee en ’n half uur sal op 4 Junie by Buckingham-paleis in Londen plaasvind. Daar is drie verhoë en spesiale 3D-projeksies. Sir Elton John se uitvoering sal vooraf opgeneem word omdat hy tans op ’n Europese toer is.
Die spesiale konsert vorm deel van vieringe wat van 2 tot 5 Junie strek om die koningin se 70 jaar op die troon te vier.