Earl Swartz was nog altyd ’n outjie met groot drome, maar wou eerstens net homself wees. Hy is nou alombekend as Early B en word vanjaar met die KKNK Kruispunt-prys vereer. Die rapper het met Candice Jantjies gesels oor waar alles vir hom begin het.
Early B het op hoërskool musiek begin maak saam met sy “band mates” MC en Agemi.
Die groep van Bloemendal naby Gqeberha (voorheen bekend as Port Elizabeth of in die volksmond afgekort as PE) wou aan die begin net “hood famous” wees.