Die gevierde Suid-Afrikaanse pianis prof. Nina Schumann se lewe het drie jaar gelede in ’n neuroloog se spreekkamer onherroeplik verander. Sy gesels vir die eerste keer openhartig daaroor met Christiaan Boonzaier.
Dit is g’n oordrywing om te sê dat Nina Schumann sewe maer jare agter die rug het nie.
Benewens borskanker, ’n dubbele mastektomie én ’n egskeiding dra Schumann – een van Suid-Afrika se voorste konsertpianiste en professor in musiek aan die Universiteit Stellenbosch – die afgelope drie jaar swaar aan ’n geheim wat sy soos ’n saadjie in haar binneste begrawe het. Dit het vinnig donker wortels geskiet, wat onder meer haar roemryke sololoopbaan geheel en al ontspoor het.