Pers en swart was die gunstelingkleure by die Billboard-musiektoekenningsaand Sondag in Las Vegas.
Die geleentheid is bygewoon deur heelwat sangers en hul metgeselle, wat oorwegend in swart en pers geklee was.
Die sakevrou en TV-ster Kylie Jenner en haar rapper-kêrel, Travis Scott, en hul dogter, Stormi, was saam op die tapyt te sien. Stormi het onlangs ’n bababoetie gekry, wie se naam steeds nie bekend gemaak is nie.