Die Kaapstadse Internasionale Jazzfees (CTIJF) is ’n tweede keer met ’n jaar uitgestel. Die fees kon in 2020 weens die Covid-19-pandemie ook nie aangebied word nie.
Billy Domingo, die fees se direkteur, sê in ’n verklaring dit was nie maklik om verlede jaar se fees, wat vir Maart beplan was, uit te stel nie, maar dat hulle tog “optimisties” was dat die fees vanjaar sou kon plaasvind.
“Ons bevind ons ongelukkig te midde van die gevreesde tweede vlaag koronavirus-infeksies waarvan ons die impak tot diep in 2021 sal voel.