Daar is nie vir Kaapstad Opera ’n beter manier om emeritus aartsbiskop Desmond Tutu te huldig as om vir hom te sing nie.
So sê Alex Gabriel, hoof van die operageselskap, oor die konsert wat hulle Donderdag in die St. George-katedraal in Kaapstad ter nagedagtenis aan Tutu aanbied.
Die konsert Grace Notes: Sacred Music from Africa and Europe sou eintlik twee keer in Desember in die katedraal aangebied word, maar dit is op die nippertjie weens ’n Covid-19-geval afgestel.