Kaapstad Opera lui vanjaar se operaseisoen in met ’n unieke aanbieding – vir babas.
Opera Blocks poog om ’n liefde vir die operakuns reeds vroeg in die gees van suigelinge te plaas. Vrydag en Saterdag om 10:00 en 13:00 word ’n spesiale aanbieding deur ’n arbeidsterapeut met musiek, liedjies en spel aangebied in een van die stiller voorportale van die Kunstekaap in Kaapstad.
In hierdie rustige stemming word die kleingoed – van pasgebore babas tot 18 maande – gestimuleer en vermaak met ’n rustige program vir klein oortjies.