Al die kaartjies vir die Liefde by die dam-musiekfees by die Emmarentia-dam in Johannesburg is binne twee uur uitverkoop.
Daar is wel nog kaartjies vir die konsert in Kaapstad en ook in Namibië, waar dit vanjaar die eerste keer aangebied word.
Dié gewilde fees is bekend om groot skares voor groot verhoë met Afrikaanse pop- en alternatiewe klanke wat die Suid-Afrikaanse musieklandskap verteenwoordig.