Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) sal weer eens sy leuse as “ ’n orkes vir alle seisoene” gestand doen wanneer hy saam met ’n santoorspeler van Indië optree.
’n Santoor, soortgelyk aan ’n harmonium, is ’n tradisionele Indiese musiekinstrument met 100 snare. Dit word horisontaal op die speler se skoot geplaas en die snare word met ligte houtslaners aan die kunstenaar se vingers bespeel.
Rahul Sharma, wat saam met sy pa dié tradisionele Indiese instrument na die wêreldverhoog geneem het, het self die werke op die program vir santoor en orkes verwerk. Dit sluit klassieke Indiese musiek, folk- en ligte klassieke musiek in.