Die plaaslike musikant Mthandazo Gatya (32) se droom is bewaarheid toe die Amerikaanse sanger John Legend hom verras het en hulle saam sy nuwe liedjie, “Nervous”, by die Sun Arena in Pretoria kon sing.
Gatya het onlangs die lied ’n Afrika-kinkel gegee deur ’n gedeelte daarvan in Zoeloe op TikTok te sing.
Legend het dit gesien en was so in sy noppies met Gatya dat hy sy miljoene volgelinge op TikTok en Twitter daarvan bewus gemaak het.