“Die lewe is maar die lewe. Wees dankbaar vir alles wat jy het,” sê die sangeres Petronel Baard oor haar nuwe enkelsnit, “Sterredank heelal”, wat Saterdag op die kykNET-joernaalprogram Ontbytsake bekend gestel is.
“Dis een van twee bekendstellings wat ek vanjaar gemaak het en dis vir my ongelooflik spesiaal omdat dit nie my liedjie is nie, maar Helena Marais se eerste een.
So dis iemand anders se perspektief, maar dis een waarmee ek baie assosieer.”