Een pluspunt van die Covid-19-pandemie is aanlyn aanbiedings wat gehore toegang tot geleenthede gee wat hulle weens afstand voorheen nie beskore was nie.
’n Goeie voorbeeld is Unisa se sesde Internasionale Snaarkompetisie. Dit begin Dinsdag oudergewoonte in die ZK Matthews-saal op die universiteit se Pretoria-kampus, maar mag weens Covid-19-maatreëls nie deur ’n gehoor bygewoon word nie.
Dit word wel gratis aanlyn hier op YouTube gestroom, sodat gehore wêreldwyd kan beleef hoe van die beste violiste, tjelliste, kontrabas- en kitaarspelers van oor die wêreld heen mekaar die stryd aansê om prysgeld van meer as R1 miljoen.