Die lede van die Afrikaanse musiekgroep Spoegwolf dink daaraan om ’n splinternuwe Instagram-rekening te bou nadat ’n kuberkraker van Turkye dit glo Woensdagoggend oorgeneem het.
Danie du Toit, Spoegwolf se hoofsanger en liedjieskrywer, vertel dat hy “al van vroegdag af agtergekom het dat die band se Instagram ‘gehack’ is”.
Volgens Du Toit is die kuberkraker “ ’n laaitie wat in Turkye sit en te veel tyd op hande het”.