Marelize Horn se ontevredenheid met die sanger Du Preez van Heerden se musiekvideo, “My f*k Marelize”, is nie die rede waarom hy dit van sy YouTube-kanaal verwyder het nie.
Die musiekvideo is Donderdag van YouTube verwyder, maar is nog steeds op sosiale media beskikbaar.
Van Heerden, oorspronklik van Montana in Pretoria, sê die musiekvideo van sy nuwe lied, “Julle f*k met ons boere”, is baie patrioties. Dus sal die grapperige musiekvideo van “My f*k Marelize” nie op sy YouTube-kanaal pas saam met dié van die nuwe lied nie.