Herman Kleinhans se jongste enkelsnit, “Geniet die rus”, is ’n afskeidsbrief aan ’n geliefde vriend, oom Melcus Nel, wat “g’n gewone mens” was nie.
Dis ’n ligte luisterliedjie waarin Kleinhans vertel van Nel, wat op 61 oorlede is.
Nel het met sy talente en ywer ’n kleurryke lewe gelei. Hy het ’n reusehart gehad en dis juis sy liefde vir mense wat hom laat ontwikkel het tot ’n suksesvolle sakeman – daarom het hy meer as genoeg gehad om te gee.