Die sanger JP Rossouw is die afgelope paar jaar deur diep water: Nadat sy groep Sewevoet opgebreek het, het ’n hartkwaal amper sy lewe en sy musiekloopbaan geëis. Hy vertel vir Christiaan Boonzaier van sy nuwe album en hoekom hy tog maar besluit het om op sy eentjie as Sewevoet sy terugkeer tot die bedryf te maak.
Elke keer wanneer ek jou musiek hoor, is my eerste gedagte: Ek wonder of hy regtig sewe voet lank is. Is jy?