Allan Stephenson het nooit die voorreg gehad om sy komposisie Toccata Exotica vir marimba-solis en volle orkes in ’n konsertsaal te hoor nie.
En nou gaan Magdalena de Vries dit einde Januarie saam met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) uitvoer as ’n huldeblyk aan dié Kaapse komponis wat op 2 Augustus 2021 dood is.
Toe De Vries in 2014 in Pretoria die eerste keer klank gegee het aan die Toccata Exotica, wat van 1984 op papier vasgevang was, kon Stephenson ook nie die uitvoering bywoon nie.