As dit nie vir die liriekskrywers van die gevierde komponis Andrew Lloyd Webber se musiek was nie, het niemand so vrolik saamgesing aan al die musiekspele uit sy pen nie.
Daarom word liriekskrywers soos Tim Rice, Charles Hart en Richard Stilgoe gevier in Colin Law se musiekproduksie Music of the Night, wat Vrydag in die Dome-amfiteater in die Nasionale Skool vir die Kunste (NSA) in Braamfontein, Johannesburg, begin.
“Dit gebeur dikwels met popmusiek dat ’n mens ’n groot treffer ken, maar soms glad nie eens weet waaroor die liedjie gaan nie,” sê Craig Urbani, wat in die konsert optree.