Die Ndlovu-jeugkoor van Suid-Afrika het Maandag na die kompetisie America’s Got Talent (AGT) teruggekeer en die gehoor op hul voete gehad met ’n oorspronklike liedjie wat ook die beoordelaars geroer het.
Hulle het tweede in hul groep geëindig, maar slegs die topgroep van die aand kon na die volgende ronde deurdring. Dit is egter steeds 'n wonderlike geleentheid om Suid-Afrika se jong potensiaal op hierdie skaal ten toon te stel, het Ralf Schmitt, die koordirigent, aan Netwerk24 gesê.
“Die potensiaal van die jeug in Suid-Afrika moet nog verder ontgin word. Dit vul mense met optimisme, vreugde en trots.”