Die Suid-Afrikaanse jazz-instrumentalis, verwerker, pedagoog en komponis Noel Stockton is Woensdagoggend in sy huis in Bloemfontein oorlede.
Volgens Léon Snyman, ’n boesemvriend, het Stockton (91) ’n vol en gelukkige lewe gelei, maar sy gesondheid het net die laaste tyd “verswak”.
Snyman, ’n dosent in musiektegnologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Odeion Skool vir Musiek en bestuurder van die Odeion-teater, was eens Stockton se student en later sy kollega in dié departement aan die UV.