Paul McCartney van die Beatles het al wat ’n mens is verstom toe hy op 80 jaar sy beste 80 liedjies die naweek in ’n konsert van twee en ’n half uur gesing het. Dit het ongekende euforie na die 50ste Glastonbury-musiekfees gebring.
Die publiek was in ekstase oor die een ná die ander Beatles-treffer wat McCartney uitgeryg het, soos “Get Back,” “Hey Jude,” “Blackbird” en “Let It Be,” asook van sy eie musiek, waaronder “Live and Let Die”.
McCartney is die oudste solis wat tot nog toe op die fees opgetree het. Hy sou twee jaar gelede die vertoning op die fees gelewer het, maar die koronaviruspandemie het veroorsaak dat hy nog twee jaar ouer word voordat hy vir die marathonkonsert kon aantree.