’n Pianis wat sonder bladmusiek ’n uitvoering van ’n enkele sonate deur Ludwig van Beethoven lewer, moet senuwees van staal en die uithouvermoë van ’n langafstandatleet hê.
’n Pianis wat ál 32 van dié Duitse komponis se klaviersonates een ná die ander sonder bladmusiek wil kafdraf, pak ’n Olimpiese stryd aan wat ’n fisieke én ’n emosionele tol eis.
Gelukkig is die Mexikaans-Amerikaanse pianis Gustavo Romero g’n bangbroek nie. Hy gaan daarom dié uitdaging in die konsertreeks Beethoven at the Baxter with Gustavo Romero in die Baxter-teater in Rondebosch aandurf.