Die Nederburg-wynlandgoed is die nuwe ligging vir die Afrikaanse buitelugmusiekfees Piekniek en Musiek, wat weens die pandemie ná bykans twee jaar weer aangebied kan word.
Op 4 Desember is die sangers Bok van Blerk, Elvis Blue, Refentse en Tarryn Lamb aan die beurt.
Nederburg bied uitgestrekte grasperke en groot skadubome vir die gewilde piekniek-musiekervaring.