’n Opera-ervaring soos min lê in April voor wanneer Kaapstad Opera en die befaamde Amerikaanse kunstenaar en fotograaf Roger Ballen kragte op die verhoog gaan saamsnoer.
Luidens ’n verklaring gaan Ballen saam met Marguerite Rossouw die stel- en kostuumontwerp van Kaapstad Opera se produksie van Hänsel und Gretel deur die komponis Engelbert Humperdinck behartig.
Dit is die eerste keer wat Ballen sy hand aan ’n opera gaan waag.