’n Kaapse musikant, wie se dwarsfluit en piccolo letterlik onder haar voete uit gesteel is, het binne net ses dae skenkings van R105 000 gekry om dié instrumente te vervang.
Louisa Theart, ’n vryskutmusikant, -onderwyseres en ad hoc-lid van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO), sê sy kon nie haar oë glo toe sy haar tot skarefinansiering op BackaBuddy wend en barmhartige Samaritane se geld begin inrol nie.
“Ek kan nie genoeg dankie sê nie,” het sy Donderdag op Facebook geskryf toe sy haar mikpunt van R105 000 haal.