“Gee hulle musiek.”
Met dié woorde het Louis Heyneman, die uitvoerende hoof van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO), die terugkeer van uitvoerings na die konsertsaal as’t ware ingelui.
Sedert die reeks van miniatuur- simfoniese meesterstukke in Erin Hall in Rondebosch, waar net 30 gehoorlede toegelaat is, is dit of die sluise vir lewende optredes besig is om oop te trek.