Die tjellis Gerrit Koorsen en pianis Eugene Joubert het al wye draaie gegooi met hul program Song of Norway en steeds is daar musiekliefhebbers wat dit nog nie gehoor het nie.
Pretoria-gehore het nou die geleentheid om ’n uitvoering van die baie besonderse musiek by te woon wanneer die duo in Augustus in die Aubade-konsertreeks by die Afrikaanse Hoër Seunskool optree.
Ná hul onlangse optrede in die Laeveld het die koerant Laevelder só oor hul spel berig: “Gabriel Fauré se Élegie, op. 24, het van uitdrukkingsvolle spel getuig wat gepas is vir die Franse idioom.